Login Here

Artslink.co.za News  

Oudisies vir My Vrou se Man se Lyk se Tas

Lefra Productions
02/07/2013 08:55:30


Artslink.co.za News
Danksy Lefra Produksies word Ray Cooney se Funny Money in 2013 in Afrikaans as My Vrou se Man se Lyk se Tas opgevoer - ‘n nuwe vertaling deur Peet van Rensburg.

Dit is die eerste keer dat hierdie produksie in Suid-Afrika aangebied word. Ray Cooney is ’n meester van die klug. Sy Run for your Wife speel al langer as 25 jaar in Londen se West End en Peet van Rensburg het ’n wonderlike Afrikaanse vertaling gedoen in My Vrou se Man se Vrou. My Vrou se Man se Vrou het in 2012 voor vol teaters regoor Suid-Afrika gespeel en verskeie toekennings ingepalm. Dit is onder andere aangewys as die Gewildste Produksie by die Innibos Kunstefees in Nelspruit.

Henry Perkins, ‘n tipiese voorstedelike rekenmeester, ruil op die trein per ongeluk sy tas met die van ‘n ander man om, net om uit te vind dat die tas ‘n klein fortuin bevat! Henry vertel sy niksvemoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gehoop het nie. Gou sluit hulle beste vriende by hulle aan, asook ‘n polisieman wat agter die deur staan, ‘n ander polisieman op die jag en die gevreesde misdaadbaas wat gekom het om sy geld op te eis. Voorsienbaar, gryp die onvoorsiene in en wat volg is ‘n dolle vaart van histeriese humor!

Frans Swart is die regisseur en vervaardiger vir My Vrou se Man se Lyk se Tas. Frans is natuurlik die hoof uitvoerende beampte van Lefra Produksies, die baie suksesvolle produksiemaatskappy wat die laaste jare gesorg het uitstekende produksies, onder meer Groet Die Grotman, Groet die Grotoupa en Liewe Heksie, waarvan hy die teks verwerk het en ook die regisseur was. Hy is baie opgewonde oor die produksie: “Ek is werklik opgewonde oor My Vrou se Man se Lyk se Tas. Dis natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou. Daardie “laugh per minute”. En dis presies wat ons met My Vrou se Lyk se Tas wil doen. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales op die verhoog. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ’n mens beter laat ontspan as lag nie. En daarom is dit vir Lefra Produksies so ’n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag. En dis juis wat My Vrou se Man se Lyk se Tas gaan bring.”


Oudisies vir van die rolle word gehou op Donderdag, 14 Februarie by Emperors Palace gehou. Ons ontvang graag aansoeke vir die volgende rolle:

1. Betty Johnson – Opgeruimde, lewenslustige vrou (25 tot 40).

2. Vic Johnson – Betty se parmantige man met voete van klei; lank, maer, stadig van begrip, lomp en geneig tot oorspannenheid (25 tot 40).

Die regisseur mag besluit om ‘n jonger paartjie in die rolle van die Johnsons te gebruik. Die Johnsons is egter huisvriende met die Perkinse - so nie te jonk nie, of hulle moet net nie te jonk lyk nie

3. Speurder Slater – ‘n Verstrooide, maar besorgde wese met ‘n goeie siel… tot hy sy humeur verloor (20 tot 35)!

Die handeling vind plaas op ‘n wintersaand in Henry en Jean Perkins se huis in Fulham, ‘n woonbuurt in suidwes Londen, geleë op die noordelike oewer van die Teemsrivier, tussen Putney en Chelsea. My Vrou se Man se Lyk Se Tas gaan vanjaar vir 18 weke regoor Suid-Afrika opgevoer word.

Akteurs wat oudisies wil kom aflê, kan gerus hulle CV’s aanstuur aan admin@lefra.com of faks na 086 619-0442. Nie alle aansoeke gaan outomaties genooi word vir die oudisie nie, maar slegs diegene wat ons geidentifiseer het. Jy sal gekontak word indien jy vir ‘n oudisie genooi word. Vir meer inligting skakel Charl Senekal by 011 815 3000.


Uitgereik deur: Lefra Produksies
Tel: 011 815 3000
Faks: 011 362 5233
E-Pos: info@lefra.com
Web: www.lefra.com
Medianavrae / Onderhoude: Frans Swart  011 815 3000


Artslink.co.za Account:
Frans Swart
info@lefra.com
011 815 3000
Lefra Produksies
www.myvrou.co.za
 
Related Venue:
Emperors Palace, Johannesburg Gauteng South Africa






Comments

blog comments powered by Disqus


Previous


















Find us on Facebook Follow us on Twitter