Opperman en Else is weer in die OperahuisTanstaafl Holdings03/15/2012 15:03:53
Die vervaardigers van Dis hoe dit was – die Steve Hofmeyr-storie, Ons Vir Jou en Tree Aan!bied aan Deon Opperman en Sean Else se nuwe musiekspel! In Lied Van My Hart verweef Deon Opperman en Sean Else ’n keurspel van Afrikaanse treffers met ’n oorspronklike verhaal soos net dié suksesvolle skryfspan kan. ’n Plattelandse meisie het ’n droom – om stad toe te gaan en ’n popster te word. Sy pak haar tas en vat die pad na die stad om roem en rykdom aan die einde van die neonreënboog te gaan soek. En so begin ’n aangrypende reis. Ons sien hoe die stad haar onskuld stadig wegkalwe en hoe sy in die web van roem verstrik raak. Sy leer dat roem en rykdom ’n prys het en dat die enigste manier om eg te leef, is om trou te wees aan die stem in jou hart. Met die grootste treffers van Afrikaanse musiek en topsterre van die Afrikaanse musiekbedryf beloof Lied Van My Hart om groot vermaak te bied. En vir die eerste keer in ’n lang tyd gee Opperman en Else hul gehoor ’n gelukkige einde! Lied van my Hart Open Sondag 15 April Staatsteater - Operahuis Kaartjies nou beskikbaar vanaf R200.00 (10% Groepafslag) www.liedvanmyhart.co.za Artslink.co.za Account: Sone Combrinck Packed House Productions info@packedhouse.co.za 011 482 4173 083 278 9524 www.packedhouse.co.za Web site: http://www.liedvanmyhart.co.za
Related Venue:
SA State Theatre Complex, Pretoria Gauteng South Africa
|