Halfprysvoorskoue vir My Vrou se Man se VrouLefra Productions03/05/2012 10:08:33
Spesiale halfprysvoorskoue van die trefferklug, My Vrou se Man se Vrou, word op 23, 24 en 25 Maart by die Springs Stadsteater aangebied. Besprekings kan by Computicket gedoen word by 0861 915 8000 of besoek hulle webwerf by www.computicket.com Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte ’n lekker afslag – skakel gerus vir Zena by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com Gesels ook met haar oor gasvryheidspakette. Vir meer inligting, besoek ook www.lefra.com of www.vrou.co.za Frans Swart, die regisseur, sê mense moet besef dat die voorskoue nog in repetisietyd plaasvind. “Daarom dat ons besluit het om wel hierdie spesifieke kaartjies teen halfprys aan te bied.” Danksy Lefra Produksies is Suid-Afrika se gunsteling-klug in 2012 terug op die planke! Peet van Rensburg se Afrikaanse vertaling van Ray Cooney se weghol-treffer, My Vrou se Man se Vrou toer vanjaar regoor die land met speelvakke in Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein, die ABSA KKNK en Gauteng se Oos-Rand. My Vrou se Man se Vrou spog met ‘n baie sterk rolverdeling. Die twee hoofrolle word deur Hannes Muller (John Smith) en Tobie Cronjè (Stanley Garner) vertolk, ongetwyfeld twee van Suid-Afrika se beste komiese akteurs. Voeg daarby name soos Lelia Etsebeth (Mary Smith), Heidi Mollentze (Barbara Smith), Hannes Brummer (Joernalis/Bobby Franklyn), Wynand van Vollenstee (Speurdersersant Troughton) en Duncan Johnson (Speurdersersant Porterhouse), Die oorspronklike stuk, Run for your Wife, hou die rekord vir die langs-lopende klug op Londen se Wes-einde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat. Die hoofkarakter in My Vrou se Man se Vrou is John Smith, ’n Londense taxi bestuurder wat saam met sy vrou Mary in Highgate woon ... en ook met sy vrou Barbara in Finchley, net vier minute uitmekaar. Natuurlik is die twee mevroue Smith salig onbewus van mekaar se bestaan, aangesien John sy ongereelde werksure gebruik as ’n verskoning om sy dubbele lewe weg te steek. Maar ’n ongeluk en ’n verkeerde adres veroorsaak ’n kettingreaksie en John moet bontstaan om te keer dat sy geheim op die lappe kom! En om sake te vererger, moet hy sy nuuskierige bure, ’n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne ontduik! Frans Swart is die regisseur en vervaardiger vir My Vrou se Man se Vrou. Frans is die hoof uitvoerende beampte van Lefra Produksies en is baie opgewonde oor die produksie. “Ek is werklik opgewonde oor die ongelooflike rolverdeling – almal mense met uitstekende komiese talente. My Vrou se Man se Vrou is natuurlik een van daardie klugte wat oor al die elemente beskik om mense aan die lag te kry en aan die lag te hou. Daardie “laugh per minute”. En dis presies wat ons met My Vrou wil doen. Mense moet net kom lag en ontspan oor die manewales van John Smith en sy twee vrouens. Die wetenskaplikes sê mos daar is niks wat ’n mens beter laat ontspan as lag nie. En daarom is dit vir Lefra Produksies so ’n eer om hierdie produksie op te voer. Mense wil nie meer wroeg nie – daarvoor sorg ons politiek beslis baie goed – ons mense wil lag. En dis juis wat My Vrou se Man se Vrou gaan bring.” Swart voeg ook by dat dit nog altyd vir Lefra Produksies belangrik is om met die produksies te toer. “Alhoewel dit uit ’n logistieke oogpunt ’n nagmerrie is om met so ’n groot rolverdeling en stel te toer, gaan ons beslis die pad die land vol vat en dit moontlik maak vir die hele land om die produksie te sien.” Bespreek jou kaartjies vir My Vrou se Man se Vrou nou by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com Vir groepbesprekings en gasvryheidspakkette, skakel Zena Teixeira by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos na admin@lefra.com My Vrou se Man se Vrou Deur: Ray Cooney Vertaling: Peet Van Rensburg Regisseur en Vervaardiger: Frans Swart Met Hannes Muller en Tobie Cronjè, asook Hannes Brummer, Lelia Etsebeth, Heidi Mollentze, Wynand van Vollenstee en Duncan Johnson Spesiale Halfprysvoorskoue: Springs Stadsteater – 23, 24 en 25 Maart 2012 Sanw-Ouditorium, Absa Kknk, Oudtshoorn | 31 Maart tot 7 April 2012 Sand Du Plessis-Teater, Bloemfontein | 30 April tot 12 Mei 2012 Die Staatsteater Drama, Pretoria | 28 Mei tot 10 Junie 2012 Marcellus-Teater, Emperor’s Palace, Kemptonpark | 13 Augustus tot 16 September 2012 Kunstekaap-Teater, Kaapstad | 25 September tot 5 Oktober 2012 Besprekings: Computicket By 0861 915 8000 of www.computicket.com Groepe van meer as 10 en gasvryheidspakkette: Zena Teixeira by 011 815 3000 of e-pos admin@lefra.com UITGEREIK DEUR: Lefra Produksies ONDERHOUDE | Frans Swart by 011 815 3000 of info@lefra.com MEDIANAVRAE | Charl Senekal by 011 815 3000 of marketing@lefra.com Related Event:
Absa KKNK - Klein Karoo Nasionale Kunstefees
Dates: Friday, 29th March 2013 - Saturday, 6th April 2013 Related Venues:
Sand du Plessis Theatre, 12 First Avenue Bloemfontein Free State South Africa
Emperors Palace, Johannesburg Gauteng South Africa
SA State Theatre Complex, Pretoria Gauteng South Africa
Springs Theatre, c/o 7th Street and 2nd Avenue Springs Springs Gauteng South Africa
|