Login Here

Artslink.co.za News  

Die Naaimasjien by Springs Stadsteater

Lefra Productions
08/23/2010 09:06:59


Artslink.co.za News
Die Naaimasjien het sy debuut by die Suidoosterfees gemaak waarna dit by die Woordfees en die Absa-KKNK ongelooflikse sukses behaal het.

Die produksie is oral ontvang met uitverkoopte huise en staande ovasies. By die 2009 Absa-KKNK is die produksie met twee Kanna-toekennings bekroon: die Herrie-Kanna vir die mees gewilde produksie en die Kanna vir beste vroulike kunstenaar vir Sandra se ongelooflike werk. Gehore in Gauteng kan nou uiteindelik regskuif vir hierdie kragtoer op 4 September 2010 by die Springs Stadsteater. Besprekings kan gedoen word by Computicket 011 340 8000 of by www.computicket.com Groepe van meer as 10 persone kry soos altyd ‘n lekker afslag deur vir Zena Kannemeyer te skakel by 011 815 3000 of 073 300 5525. Die produksie kan ook deur skole, kerke en diensorganisasies gebruik word om fondse in te samel. Skakel Charl Senekal by 011 815 3000 of stuur ‘n e-pos aan info@lefra.com

In haar ouetehuiskamer maak Magdaleen seker Miss Muffet, soos sy haar Bernina noem, is skoon genoeg en al die ekstra gare, naalde en voetjies is netjies gepak vir die vrou wat die masjien kom haal. En so tussen die skoonmakery en pakkery dink sy terug aan vervloë dae: dae van kouse met nate, melk wat in glasbottels afgelewer word, 'n kinderlewe op die plaas. Vervleg hiermee herroep sy die wel en wee van haar gesin: haar man, Tielman, en haar vier kinders, insluitend Wim, haar oogappel. En weer eens word ons herinner elke mens se lewe, ongeag hoe eenvoudig of ordinêr, is 'n epiese gedig met universele temas van geluk, verlies en versoening.

Ná uitgebreide oudisies vir die regte aktrise was daar net een keuse: Sandra Prinsloo. Met haar ervaring en talent skuif Sandra diep onder Magdaleen se vel in. Sy is een van die mees-bekende en konstante aktrises wat Suid-Afrika nog gesien het. Van die werk van Shakespeare tot by dié van Athol Fugard en Deon Opperman - daar is nie 'n gesogte vrouerol wat sy nog nie gespeel het nie, en sy is ewe tuis in die teater as op televisie en die grootskerm. Sandra se laaste solo-optrede was in Jeanne Goosen se Koffer in die Kas, wat nou nog beskou word as 'n hoogtepunt in die Afrikaanse teater. Sandra Prinsloo is ook 'n regisseur, onder andere vir Lefra Produksies se Groet die Grotman en Fiela se Kind.

Die regie is die werk van Hennie van Greunen wat verantwoordelik was vir van die mees populêre/bekroonde werk wat oor die afgelope dekade in Afrikaans gedoen is. Produksies wat mense aan die praat gehad het, was o.a. Lyf, Die Tafel, Die Vrou wat Haar Man Gekook het, Die Hangkas Haas, Festen en die veelbekroonde Shirley Valentyn.

Met hierdie Nagtegaal tekspryswenner - Rachelle Greeff se heel eerste teaterteks - vier Sandra na 15 jaar haar terugkeer na die soloverhoog. Met haar ongelooflike vertolking, Rachelle se uitmuntende teks en Hennie se sensitiewe regie is Die Naaimasjien ‘n produksie wat geen teaterganger onaangeraak sal laat nie.

Bespreek jou kaartjies nou by Computicket. Besoek gerus www.lefra.com vir verdere inligting of skakel 011 815 3000.


Wat die pers te sê gehad het oor Die Naaimasjien:

"Nie alle teks-pryswenners is ewe blink nie, maar die Nagtegaalwenner, Die Naaimasjien, skitter soos 'n splinternuwe Bernina. Dis 'n teaterbelewenis wat jou helder oordag tot in die weefsel ruk en jou bewend en verslae uitspoeg om die res van die dag te trotseer. Eintlik het ek nie woorde om hierdie kragtoer te beskryf nie, behalwe: Bravo! Bravo! Bravo!" - Die Burger - Deborah Steinmair

"Wat ‘n mens sonder twyfel kan sê, is dat hierdie eenvrouvertoning ‘n algehele kragtoer is. Dit sal maklik wees om in byvoeglike naamwoorde te verval. Sandra Prinsloo lewer ‘n meesterklas in toneelspel. Sy knip die karakter uitmekaar soos duur lap en begin dit dan aanmekaar stik totdat dit ‘n balrok of trourok is waarvan nie een enkele naat sigbaar is nie." - Krit - Wim Vorster

"Ek het die voorreg om Die Naaimasjien aan te beveel as een van daardie moet-ervarings van die Absa KKNK." - Krit - Laetitia Pople

"This Nagtegaal Scriptwriting prize winner is a play with legs. There are many contributing factors for this show's success, and the theme of ageing not the least of them. With the baby boomers dealing with ageing parents, an audience is guaranteed. Its success has much to do with Hennie van Greunen's introduction of different characters' voices and Prinsloo creating a main character with a gentle heart, but spunky soul." - Pretoria News - Diane de Beer

"Wat 'n ongelooflik gevoelvolle stuk, en watter ongelooflike akteur het ons nie in Sandra nie! As ons Oscars gehad het, sou ek een vir haar gegee het. 'n Mens vergeet dat dit Sandra is, want elke stukkie van haar raak die vrou in die ouetehuis wat haar lewe in oënskou neem en haar vreugdes en pyn in die oë kyk. Ook net weer 'n bewys dat die regisseur Hennie van Greunen een van die heel bestes in die bedryf is." - Sarie - Michelle van Breda


Die Naaimasjien by Springs Stadsteater
Die Naaimasjien met Sandra Prinsloo
Regisseur: Hennie van Greunen /Teks: Rachelle Greeff
Produksie: Joho! Productions /Aangebied deur: Lefra Productions
4 September 2010
Besprekings By Computicket 011 340 8000 of www.computicket.com
Groepe meer as 10 - Afslagpryse: Skakel Zena Kannemeyer oOp 011 815 3000 / 073 300 5525


Uitgereik deur Lefra Produksies
Tel: 011 815 3000
Faks: 011 362 5233
Medianavrae /Onderhoude: Frans Swart
011 815 3000

 
Related Venue:
Springs Theatre, c/o 7th Street and 2nd Avenue Springs Springs Gauteng South Africa








Comments

blog comments powered by Disqus


Previous


















Find us on Facebook Follow us on Twitter