Login Here

Artslink.co.za News  

Legend of 全es Snare' lives on

Lefra Productions
04/04/2010 13:31:59


Artslink.co.za News
Ses Snare is to play on the East Rand for the first time on 25 April at 16:00 when they will be performing in the Big Top Arena at Carnival City.

This year is a busy one for this popular group with concerts at various festivals and theatres and also a few tours coming up. Ses Snare features Mathys Roets, Mel Botes, Blackie Swart, Wouter Van De Venter, Leon Ecroignard and Thean Kotze.

The group has become famous for the way in which it revamps old hits and gives a brand-new sound to familiar songs with its acoustic guitar and vocals. There is also quite a bit of original music written by the guys themselves.

Ses Snare performances at arts festivals such as the ABSA KKNK, Aardklop, Innibos and the Volksblad Festival were sold out time and again, and audiences could not stop talking about this exciting group. Master guitarists like Mel Botes, Blackie Swart, Leon Ecroignard on bass, Wouter van de Venter who adds the lekker rock sound, and Mathys Roets and Thean Kotze whose unique voices complete the "six pack", are bound to give audiences a musical thrill they won't forget for a long time. A CD and a DVD were released at the end of October 2009 and are available from music shops country-wide.

According to Giep van Zyl, manager of the group, Ses Snare will stick to its success recipe this year: "We will still be including known as well as original music in the new programme, but we would like to take the show to a higher level. We are going to rehearse a couple of musically challenging songs, and make more use of the special talents of each String, and in this way we will expand our repertoire. We will still be performing some of the songs from the previous production, but have also prepared some wonderful surprises for the audiences that are going to see Ses Snare this year."

Frans Swart, Managing Director of Lefra Productions, says he is very excited about presenting Ses Snare at Carnival City's Big Top Arena. "This must be one of the most creative productions I have seen in a long time. Every one of the guys brings his own unique gift to the production, which makes it a theatre experience par excellence. I can really recommend this production," Swart says. "We make such a hullabaloo about the overseas groups that visit SA. Yet we have Ses Snare, which could be just as popular as any of the groups that have visited us over the past few years... Let us support our own local Afrikaans performers as well!"

Bookings for Ses Snare have just opened at Computicket. Call them on 011 340 8000 or visit their website at www.computicket.com. Groups of more than 10 get good discounts as always by calling Christa Coetzee on 011 815 3000 or 073 300 5525. Also visit www.lefra.co.za for more information.


Ses Snare Eerste Keer by Carnival City

Die legende van die Ses Snare leef voort! Dié gewilde groep het ‘n bedrywige 2010 voor met konserte by verskeie feeste en teaters, en daar lê ook ‘n paar toere voor. Die groep speel op 25 April vir die eerste keer in die Oos-Rand omgewing met ‘n optrede in die Big Top Arena by Carnival City! Besprekings vir Ses Snare het pas geopen by Computicket. Skakel hulle by 011 340-8000 of besoek hulle webwerf by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 persone kry soos altyd ‘n lekker afslag deur vir Christa Coetzee te skakel op 011 815-3000 of 073 300-5525. Besoek ook www.lefra.co.za vir meer inligting

Die groep het bekend geraak vir die wyse waarop hulle ou treffers afstof en met akoestiese kitaar en stem nuwe kleur aan bekende liedjies gee. Tussendeur is daar ook heelwat oorspronklike musiek wat deur die manne self geskryf is. Ses Snare se vertonings by feeste soos ABSA KKNK, Aardklop, Innibos en die Volksbladfees was telkens uitverkoop en gehore kon nie uitgepraat raak oor dié opwindende groep nie. Met meester kitaarspelers soos Mel Botes, Blackie Swart, Leon Ecroignard op die baskitaar, Wouter van de Venter wat die lekker rockklank bring, en Mathys Roets en Thean Kotze wat wat met hulle uitsonderlike stemme die sesmanskap voltooi, kan gehore ‘n konsert vol tonekrul lekker musiek verwag. ‘n CD en DVD is einde Oktober 2009 vrygestel en is landwyd by musiekwinkels beskikbaar.

Volgens Giep van Zyl, bestuurder van die groep, gaan Ses Snare nie vanjaar afwyk van hulle suksesresep nie: "Ons gaan steeds bekende sowel as oorspronklike musiek in die nuwe program insluit, maar ons wil graag die vertoning na ‘n hoër vlak neem. Ons gaan ‘n paar musikaal uitdagende liedjies instudeer en nog meer gebruik maak van elke Snaar se besonderse talente, en op hierdie manier ons repertoire uitbrei. Ons gaan steeds ‘n paar van die vorige produksie se liedjies ook doen, maar daar wag ‘n paar lekker verrassings op gehore wat Ses Snare vanjaar gaan sien."

Frans Swart, Besturende Direkteur van Lefra Produksies, sê hy is baie opgewonde om Ses Snare by Carnival City se Big Top Arena aan te bied. "Hierdie is seker een van die mees kreatiewe produksies wat ek in 'n lang tyd gesien het. Elke 'snaar' het sy eie unieke talent wat na die produksie gebring word wat dit 'n teaterervaring par excellence maak. Ek kan hierdie produksie werklik baie sterk aanbeveel," sê Swart. "En ons gaan tog so tekere oor die oorsese groepe wat SA besoek. Ons het Ses Snare wat internasionaal net so gewild kan wees as enige van die groepe wat ons in die laaste paar jaar besoek het. Kom ons ondersteun ook ons eie plaaslike Afrikaanse kunstenaars!"

Bespreek vir Ses Snare by Computicket. Besoek gerus www.lefra.co.za vir verdere inligting of skakel 011 815 3000.

Uitgereik deur Lefra Productions
Tel: 011 815 3000
Faks: 011 362 5233
E-Pos: info@lefra.co.za
Medianavrae / Onderhoude: Frans Swart 082 468 2732

Related Venue:
Carnival City, Gauteng South Africa






Comments

blog comments powered by Disqus

Comments

wanneer tree die ses snare in gauteng op en waar. Ek sal dit graag weer wil bywoon want carnival city was awsome gewees. Hierdie keer vat ek baie mense saam.Waar kan ek nog cd en dvd van hulle kry? ek bly op die Oos Rand.Dankie
Posted by Lynette Gericke on Thursday, 27th May 2010 at 12:09:16 PM



Previous


















Find us on Facebook Follow us on Twitter